Ilse Salzwedel

Ek is ‘n trotse oud-Matie wat in 1991 ‘n graad in politieke wetenskap aan die
Universiteit van Stellenbosch behaal het. Ek het egter eers in 1997 na ‘n redelike lang en uitgebreide ompad as vryskutjoernalis vir Rapport en Beeld begin bydraes lewer uit Richardsbaai in die noorde van KZN, waar ons toe gewoon het.

In 1998 het ons Christiana toe getrek, en ek het voortgegaan met my bydraes vir
koerante en ook my hand aan tydskrifartikels gewaag. Ek onthou nog die
opgewondenheid toe ek daardie heel eerste keer my byline by ‘n artikel in Vrouekeur lees!

Vrouekeur logo
Rapport logo
Beeld logo

Die skryfgogga het toe behoorlik gebyt, en tussen 1998 en 2013 het my artikels verskyn in tydskrifte soos Vrouekeur, Finesse, Maksiman, Landbouweekblad, Soul, Joy, DIT en Idees. Ek het ook gereeld vir Beeld se hoofkoerant en bylaes in Rapport se leefstylblaaie geskryf, en ook vir Taalgenoot, De Kat en Rapport Tydskrif. Ek was deel van die begin-redaksie van Leef, en tot onlangs het ek ook gereeld vir die Christelike tydskrif LIG geskryf.

In 2002/3 was ek vir ‘n paar maande die redakteur van die Alberton Record en Southern Courier, en ek het heelwat van Engelse joernalistiek geleer tydens ‘n internskap van 3 maande by The Citizen.

Teen 2005 het ek nog ‘n wonderlike kans gekry: die ATKV het ‘n mediaskakel gesoek vir hul 75e verjaarsdagvieringe, en ek dink steeds met groot lekkerte aan hierdie opwindende jaar in my loopbaan. Die afgelope sestien jaar het ek ook gereeld vryskutwerk vir die ATKV gedoen – hulle doen wonderlike werk in en vir Afrikaans en Suid-Afrika!

Afrikaanse tydskrifte

My groot deurbraak in die tydskrifbedryf was in 2005 toe ek ‘n artikel aan Martie Pansegrouw van rooi rose voorgelê het, en die res is – soos die spreekwoord lui – geskiedenis. Tot met die onverwagse sluiting van rooi rose in Mei 2020, was dit my groot voorreg om deel te wees van die baie dinamiese rooi rose-span. Daar het ek nie net geskryf nie, maar ook die laaste jaar of twee podsendings vir die tydskrif help skep. Ek is seker daarvan rooi rose-lesers mis die tydskrif net so baie soos wat ons as redaksie dit mis!

Die jaar 2013 het nog ‘n wonderlike nuwe uitdaging oor my pad gebring – radiowerk! Ek het in Namibië grootgeword, en een van my kosbaarste besittings was ‘n klein radiotjie wat my Ouma Vrey vir my vyfde verjaarsdag vir my persent gegee het.

Ek en daardie radiotjie was onafskeidbaar!

Saans het ek met hom teen my oor aan die slaap geraak – ek is selfs eenmaal (ek dink ek was so 10 jaar oud) met die FM’pie teen die oor hospitaal toe vir steke. Ek wou tog net nie die aandvervolgverhaal misloop nie! Maar eintlik het ek alles geluister, tot die hoorbeelde en dokumentere programme. En Monitor se klokkespel net voor die 06h45 nuus soggens was my sein om te gaan ontbyt eet as ek wou betyds wees vir skool!

Radio

Om dus in 2013 genooi te word om Skrywers en Boeke op RSG aan te bied, was en is steeds een van die hoogtepunte van my loopbaan en lewe. In 2020 het ek ook die kans gekry om my hand aan ‘n nuwe programreeks oor boeke wat rolprente geword het (Van Boek na Silwerdoek) te waag. Leon van Nierop, met wie se middagvervolgverhaal Wolwedans in die Skemer ek grootgeword het, was my medewerker vir die reeks. Jy kan net dink hoe lekker hierdie ervaring was!

Ek is in 2008 die eerste keer gevra om drie hoofstukke tot ‘n boek by te dra. Corlia Fourie was die samesteller van Ware Liefde (ook in Engels uitgegee as Romances to Remember) en ek wou bitter graag daarna weer my naam in ‘n boek sien. In 2009 was ek bevoorreg om die redakteur te wees van wyle Frieda Bernard se outobiografiese boek Die engele om my oor haar stryd teen borskanker.

Skrywers en Boeke

In 2011 het my eerste eie boek Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee by LAPA verskyn. Dis later dieselfde jaar gevolg deur die baie gewilde Bloedsusters, en in 2012 het Onvertelde Stories van Afrikaans die lig gesien. ‘n Paar maande later het My hel in Dubai ook by LAPA verskyn. IETS OOR BLOEDSUSTER (APRIL 2012)

‘n Dag nadat Oscar Pistorius op 14 Februarie 2013 vir Reeva Steenkamp doodgeskiet het, het Frederick de Jager van Penguin (deesdae Penguin Randomhouse) my gevra om ‘n boek oor Oscar, sy lewe en die tragedie te skryf. Min het enige een van ons geweet dat dit ‘n hofsaak sou word wat openbare mening en die media vir 18 maande sou domineer. My boek Van Sprokie tot Tragedie het kort na die uitspraak in 2014 verskyn, en was op die kortlys van drie boeke vir KykNET/Rapport se nie-fiksie boek van die jaar vir 2014.

In 2013 het ek twee boeke vir Jacana Media vertaal: Drug Muled deur Joanne Joseph (in Afrikaans uitgegee as Dwelmslagoffersestien jaar in ‘n Thai-tronk) en Karyn Maughn se Modimole Monster.

Die afgelope byna tien jaar was ek ook in verskeie hoedanighede by die boekbedryf betrokke.

Floreer is die sesde boek uit my pen, en ek hoop dat dit JOU sal help om jou beste lewe te ontdek.

Floreer deur Ilse Salzwedel

Dis altyd lekker as mens se werk raakgesien word, en enige toekenning is vir my ‘n groot eer.

Baie dankie aan die volgende instansies wat my werk bekroon het.

DIAGEO Responsible Drinking Media Awards: wenner, beste tydskrifartikel in
2018 (gekies uit Engelse en Afrikaanse inskrywings)

Caxton Skrywer van die jaar (alle tydskrifte in die groep): silwer (2011, 2014, 2015)

Cordis Trust: Orde van die Beiteltjie 2015 (vir my bydrae tot Afrikaanse
letterkunde)

ATKVeertjie: beste tydskrifartikel, 2007

ATKVeertjie: beste radioprogram (vermaak-kategorie, alle Afrikaanse stasies, vir Die Woordketting) 2015 + 2018

Caxton Excellence Awards: beste artikel in ‘n Caxton-tydskrif (Engels of Afrikaans) 2009, 2013

PICA: Artikel van die jaar 2008 (alle tydskrifte). Toegeken deur die Magazine
Publishers Association of South Africa.

H.B. Thom-toekenning vir uitnemende bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek
(toegeken deur die F.A.K, 2009)

Eli Lilly (Pharmaceutical) toekenning in 2009 vir die beste Suid-Afrikaanse bydrae oor TB (in alle media): mede-skrywer van ‘n artikel wat in dieYou/PULSE-tydskrif verskyn het.

Kortlyste en benoemings:

Al het ek nie altyd gewen nie, is ek ewe dankbaar vir die eer om net benoem te kon word vir toekennings. Die erkenning motiveer ‘n mens opnuut om aan te hou probeer.

ATKV Veertjie (beste artikel, alle Afrikaanse tydskrifte): finalis 2008, 2011, 2013

Vodacom Gauteng Streeksjoernalis van die Jaar: 2008

Discovery Health Journalism Awards: 2009

Eli Lilly (Pharmaceutical) toekenning in 2009 vir die beste Suid-Afrikaanse bydrae oor TB (in alle media): mede-skrywer van ‘n artikel wat in die You/PULSE-tydskrif verskyn het.